Chat with us via Whatsapp

+27 (0) 78 109 2096

For All Your Enquiries

LIZZ 35 16 08 2019

"LIZZ 35" met Lizz Meiring

Date: Aug 16, 2019
Cost: Show ticket R160 | Meal ticket R200
{Meal ticket incl. Welcome drink, popcorn, Buffet dinner, Dessert snacks, Coffee & Tea}

Arrival: 18:30 for 19:00
Dinner from 19:00
Show only guest to arrive anytime up to 19:45
Concert only from 20:00 to 22:30 - R 160
Dinner and concert from 18:30 to 22:30 - R 360

Persverklaring

IN 2019 , vier aktrise Lizz Meiring 35 jaar in die vermaaklikheidbedryf!!!

 

Om hierdie mylpaal te vier is ‘n spesiale vertoning/konsert geskep.

 

“Lizz 35 “ is ’n klets en skets konsert en vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe , die chaos en kreatiwiteit , die beroemdes en berugtes , die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise.

 

Sy onthul die ver paaie se reis - plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore , luisteraars, kykers en die bewonderaars .

 

In die uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore.

 

’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting - dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig . Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorleweing en belewing - die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer .

Maak seker dat ‘n “Lizz 35” vertoning op jou kalender is vir 2019

 

 

BACK TO TOP