Chat with us via Whatsapp

+27 (0) 78 109 2096

For All Your Enquiries

HOE N MAN SE KOP WERK 11 09 2019 600 X 427

Hoe n Man se Kop werk - Altus Theart

Date: Sept 11, 2019
Cost: Show ticket R160 | Meal ticket R200
{Meal ticket incl. Welcome drink, popcorn, Buffet dinner, Dessert snacks, Coffee & Tea} 

Arrival: 18:30 for 19:00
Dinner from 19:00
Show only guest to arrive anytime up to 19:45
Concert only from 20:00 to 22:30 - R 160
Dinner and concert from 18:30 to 22:30 - R 360

Info oor vertoning:

Altus Theart - Hoe 'n Man se kop werk - ‘n Manlike KAT-arsis!

OUDERDOMSPEPERKING: 2 – 16 JAAR OUD. (TAALGEBRUIK)

Tydsduur:   2x 45 min met ‘n 20 min pouse tussen in

Altus Theart speel die rol van Bobby in hierdie skreeusnaakse eenman-komedie genaamd “HOE ‘n MAN SE KOP WERK”.

Dit het staande toejuigings ontvang in uitverkoopte vertonings by KKNK, Volksbladfees, Innibos en Aardklop.

Altus het gewild geraak vir sy rolle Werner ‘Killer’ Botha in die flieks Bakgat en Bakgat 2, Henk Landman in Kruispad en Fafa Beltrami in die Getroud Met Rugby-reekse. Hy was verlede jaar te sien in Deon Opperman se produksie, Tree Aan en het onlangs klaargemaak met nog ‘n Opperman musiekblyspel, Lied van My Hart by die Staatsteater.

Hoe ‘n Man Se Kop Werk is vol humor terwyl die gehoor saam met die hoofkarakter “Bobby” ‘n emosionele reis deur die binnewerkinge van sy brein neem. Die klem hier op hoofkarakter, want al is dit ‘n eenmanvertoning, voel dit nie so nadat jy kennis maak met al die ander karakters nie. Bobby het nie grootgeword tussen vroue nie, maar tussen ‘n klomp obskure mansfigure wat as rolmodelle almal ‘n invloed op sy lewe gehad het en wat sy persepsie oor verhoudings en vroue help vorm het.....

Die teks is ‘n vertaling van die “solo play”, The Male Intellect – an oxymoron? deur Robert Dubac. Elzette Maarschalk het die regie en vertaling behartig.

 

BACK TO TOP