Chat with us via Whatsapp

+27 (0) 78 109 2096

For All Your Enquiries (mention event date/your name)

OPERASIE HOLM 31 10 2019 Renamed 8207

Operasie Holm met Marion Holm

Date: Oct 31, 2019
Cost: Show ticket R160 | Meal ticket R200
{Meal ticket incl. Welcome drink, popcorn, Buffet dinner, Dessert snacks, Coffee & Tea}

Arrival: 18:30 for 19:00
Dinner from 19:00
Show only guest to arrive anytime up to 19:45
Concert only from 20:00 to 22:30 - R 160
Dinner and concert from 18:30 to 22:30 - R 360

Menu for this performance - to be confirmed

 

Operasie Holm

Splinternuwe eenvrouvertoning deur Marion Holm.

Marion Holm is alom bekend as een van die beste vroulike aktrises en storievertellers in Suid Afrika. Sy het al in meer as 60 teater produksies gespeel, in meer as 20 TV reekse verskyn en 10 tekste die lig laat sien. Baie mense sal haar veral onthou as DOT in “Vlug na Egipte” op kykNET.

In 2017 het sy die land plat getoer en op elke denkbare kunstefees uitverkoopte sale gehad.

Marion Holm en Chris Vorster het nog ‘n jaar oorleef en deel dankbaar en heel plesierig die lollery, lawwighede en lesse wat die jaar meegebring het.

Holm kan steeds nie bekostig om twee of meer akteurs te gebruik nie, so sy speel weereens AL die rolle self. As jy graag iets van hogere literêre waarde wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ‘n KLEIN bietjie dink – kom kyk!

Marion Holm se vertoning gaan soos altyd stories wees wat aanmekaar geweef is om te wys dat die grooste operasie eintlik aan haar siel was. En dat niemand

angstig hoef te wees oor wat die toekoms inhou nie, want jy het reeds by geboorte gekry wat jy gaan nodig hê in die lewe.

 

BACK TO TOP